

Lang pad na liefde omnibus
1.In Troosbosbaai by haar Ouma Saar wil Pascale haar stukkende lewe regmaak, haar wonde lek terwyl sy deur haar egskeiding gaan. Juis daarom is dit so vreemd dat God hierdie tyd kies om die Ierse biker, Callum Moriarty, oor haar pad te stuur.
2. Rika sal die verwende man van die restaurant ’n ding of twee wys. Sy gaan haar mojo terugkry en dan moet hy haar op die beloofde afspraak neem. Maar vinnig koester sy meer as net wraakgevoelens teenoor Maarten …
3. Simoné is vir altyd klaar met mans, maar sy bly steeds ’n warmbloedige vrou met behoeftes. Al verpes sy Tristan Lindeque, tiek hy al haar boksies en pas hy perfek in haar plan. Sal hy instem om haar minnaar te word en al haar voorwaardes aanvaar?
Die meisie langsaan omnibus
1. Liebert het al die eienskappe van ’n trouman: humorsin, ambisie, eerlikheid, oneindige geduld en ’n bottersagte hart. Maar hy is vir nie Adamia bedoel nie, daarvoor ken sy hom te goed. Dus skryf sy hom in vir ’n Boer-soek-vrou-kompetisie. Maar nou wil sy ook deelneem!
2. Guan van Wyk gaan haar nie om sy pinkie draai nie, besluit Anita. Sy is van ’n sterker stoffasie gemaak. Die man is ’n vleier, haar buurman en haar baas. Sy moet verbyhou. Sjoe, maar daardie oë ...
3. Ami is New York se gunstelingstouterd, Brad is die goue seun van Country-musiek. Hul Las Vegas-troue is ’n skandaal, maar hulle moet voorgee om verlief te wees om hul families te beskerm. Maar Ami beleef by Brad iets wat sy gedink het nie meer bestaan nie – liefde sonder voorbehoud.
'n geur vir elke vrou omnibus
1. Theana se baas vra haar om die parfuummaker, Jean-Luc, te jag vir hul besigheid. Sy is gelukkig om hom al op haar vlug raak te loop. En weer later in Frankryk. Maar is hierdie ontmoetings met Jean-Luc terloops, beplan of deel van die noodlot?
2. Olivia is ’n Jordaan en Markus is ’n Verhoef. Die vete tussen hul families laat die Montagues en Capulets soos vriende lyk. Maar wanneer hy haar sien, struikel sy hart en ruk iets soos liefde in sy binneste.
3. Simoné hou daarvan dat dinge presies volgens haar plan verloop en haar aangetrokkenheid tot Wessel Barendse verloop glad nie volgens planne nie. Veral met haar peetma wat probeer Kupido speel. Maar een van Wessel se glimlagte en haar stomme hart val is sy hande.
IIn sy arms omnibus
1. Delia kan nie glo haar onwillige Samaritaan is Adriaan Bromberg, haar niggie, se skripsieleier nie. Ongeag hoe baie hy aan haar hart raak, dra hy swaar aan sy grootwordjare. Sal hy die bagasie van die verlede uit die wegruim om vir haar plek te maak?
2. Cassie het ’n begeerte om met Francois Durandt te baklei. Sy kan dit nie verstaan nie. Maar vandat sy hom ontmoet het begin ’n duiweltjie elke keer op haar skouer rondfladder as hy in die omgewing is. Of is dit dalk eerder vlinders?
3. Olivia is vasbeslote om haar biologiese pa te ontmoet maar haar nuwe bestuurder Jean-Luc is hinderlik aantreklik en trek haar aandag af. Maar sy vind vinnig uit dat die liefde jou nooit op ’n dwaalspoor lei nie.
My groot liefde omnibus
1. Katryn is tevrede met haar lewe, totdat sy eendag opkyk en ’n groot blonde man met Chris Pine-blou oë in haar deli sien stap. Vir die eerste keer in jare spring haar hart regop met ’n en-wat-het-ons-hier?
2. Ná Lana se egskeiding, fokus sy op haarself en haar kinders. Romanse is nie welkom in haar huis nie. Maar haar buurman, Daniël, maak met sy outydse sjarme en mooi blou oë haar hart weer fiks vir liefde.
3. Ingrid is sedert hul eerste ontmoeting op ’n agtervoet met Martin Steyn. Maar hy is haar dosent en sy mag hom nie aantreklik vind nie. As die glinstering in sy oë net nie deur haar verdediging breek nie.